Amrey Pascal

Amrey Pascal

Amrey is vir my een van die mooiste name wat ek in ‘n lang tyd gehoor het…

dit kom van haar ouma se naam Yerma, agteruit! So pragtig, nes haar ouma.

Ek ken al vir klein Amrey se familie vir omtrent 20 jaar, hulle is vir my soos familie.

Daarom was dit vir my ‘n ongelooflike groot voorreg om hierdie newborn shoot te kon doen vir hulle.

Ag en Alex, Amrey se boetie is so lief vir sy klein sussie, dis so pragtig om te sien.

‘n Beter en meer liefdevolle familie kon Jesus nie vir hierdie kleine pop gekies het nie.

Baie geluk aan die hele familie, met julle nuwe toevoeging, sy is absoluut pragtig xxx