Plaasjapie [klein Henk]

Plaasjapie [klein Henk]

Ag jitte julle! Die mannetjie was so soet!

Ek het vir die Cloete-gesin op hulle plaas gaan kuier, sjoe, en heeltemal verdwaal.

Haai tog, dat mens so ompad kan ry, dit was darem die moeite werd,

toe ek daardie stoof in die kombuis gewaar!

Dankie aan Elsje wat my sommer ook gevoer het! In ware gasvrye boerestyl.

My ouma het altyd gesê:”Jy kan nie mense honger huistoe stuur nie.

Ek het regtig so welkom gevoel en ons het lekker gespeel

met die nuutste familie-boertjie in die distrik!